Misdade teen die Mensdom

Misdade teen die mensdom is sekere dade wat gepleeg word as deel van 'n wydverspreide of stelselmatige aanval teen enige burgerlike bevolking of 'n identifiseerbare deel van 'n bevolking. Die eerste vervolging vir misdade teen die mensdom was met die Neurenberg-verhore gehou. Misdade teen die mensdom is sedertdien deur ander internasionale howe – soos die Internasionale Misdaadtribunaal vir die voormalige Joegoe-Slawië en die Internasionale Misdaadhof – aangehoor. Die geregtigheid vir misdade teen die mensdom is primêr ontwikkel deur die evolusie van internasionale gewoontereg. Misdade teen die mensdom is nie in 'n internasionale konvensie gekodifiseer nie, hoewel daar tans 'n internasionale poging is om so 'n verdrag, gelei deur die Misdade teen die Mensdom Inisiatief, te vestig.

Anders as met oorlogsmisdade, kan misdade teen die mensdom in tye van oorlog sowel as in vredestyd gepleeg word.[1] Dit is nie geïsoleerde of sporadiese gebeure nie, maar is deel van, of van 'n regeringsbeleid (hoewel die oortreders hulself sal moet vereenselwig met so 'n beleid), of 'n gebruik van wandade wat deur 'n regering of of 'n de facto-gesag geduld of goedgekeur word. Dit sluit onder andere in: moord; slagtings; onmenslikheid; uitwissing; menslike eksperimente; buitegeregtelike strawwe; moordbendes; gedwonge verdwynings; kindersoldate; ontvoerings, onredelike gevangenisstraf (internering); slawerny; kannibalisme; marteling; verkragting; politieke, rassistiese, of godsdiensvervolging (insluitende onbehoorlike haatspraakwette, godslasterlike wette, wette teen laster of godsdiens, ensovoorts). Ander onmenslike dade kan as misdade teen die mensdom beskou word, indien dit deel vorm van 'n uitgebreide of stelselmatige gebruik.

  1. Margaret M. DeGuzman,"Crimes Against Humanity" RESEARCH HANDBOOK ON INTERNATIONAL CRIMINAL LAW, Bartram S. Brown, ed., Edgar Elgar Publishing, 2011

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search